| Modulekode | VDS 310 |
| Kwalifikasie | Voorgraads |
| Fakulteit | Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe |
| Module-inhoud | Beplanning, uitvoering en rapportering van verbruikersvoedselnavorsing. Voedselpreservering en -evalueringstegnieke. Voedseleksperimente met nadruk op die funksie van bestanddele en standaardbereidingsmetodes. Toepassing van eksperimentele metodes wat die chemiese en fisiese reaksies van voedsel ten opsigte van verskillende hanterings-, bereidings- en preserveringstegnieke illustreer. Kwaliteitevaluering van voedselprodukte. Kwaliteit - en verbruikersgerigte sintuiglike evaluering van voedselprodukte. |
| Modulekrediete | 21.00 |
| Programme | |
| Voorvereistes | VDS 221 |
| Kontaktyd | 3 lesings per week, 1 ppraktiese sessie per week |
| Onderrigtaal | Afrikaans en Engels word in een klas gebruik |
| Departement | Verbruikerswetenskap |
| Aanbiedingstydperk | Semester 1 |
Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App